Wednesday, January 10, 2007

my baba wat nie meer 'n baba is nie...

julle Jano het nou 'n woeste woordeskat hoor! dit is kop, pap, hap, tata, tietie, pappa, mamma, manta(samantha), ouma, nee, baba, woef, kar, Coke, Kak - ja kak..., dlie (ek jaag hom altyd dan tel ek 1 2 3 !! maar voor ek by drie kom dan roep hy al dlie!)

hy maak ook sulke ph geluide as hy 'n hond sien. roep hulle kamstig... as ek vir hom vra waar is jou kop? dan klap hy sy voorkop trek die hand af dat sy oog en mond sommer skeef trek. as ek vir hom vra waars jou dummy? gaan soek hom dan kom hy waragtig terug met sy dummy wat ek nie eers kon kry nie! as ek vra tel op jou tietie, dan tel hy sy bottel op as ek sê gaan lê maar op jou kussing, dan val hy so ewe op sy kussing, hy weet sjoe sjoe is warm. en hy steek self sy armpies deur die hempsmoue as ek die hemp oor sy kop trek. hy klim ook self op die banke en klim ook af. as hy sy kar stoot dan brmm brmmm hy vir 'n vale die spoeg loop eintlik! ek is baie trots op hom! en as Johan vir hom sê kom ons gaan bad, dan gil hy BAD ! en loop badkamer toe.

ek kan nie glo hy is nou 'n jaar oud nie. dit voel soos gister wat ons hom gaan haal het. Iemand het gister vir my gesê jou baba is nou 'n seuntjie...

Ek wag nou nog net vir die gevreesde woordjie.... MYNE!

No comments: