Monday, December 11, 2006

Jano se eerste swembad!




ons het vir Jano 'n swembad gekoop vir sy verjaarsdag maar dit was saterdag so warm ons het die swembadjie opgeblaas, hy het dit vreeslik geniet!

ons ry seker die naweek see toe. My verlof werk nie uit soos ek beplan het nie.. ons bly gelukkig verniet by Johan se sus, so ons moet net petrol en tolhek geld betaal...

Friday, December 08, 2006

My verlof begin dinsdag!

Halloe outjies!

ek is van dinsdag af of verlof! Moet ongelukkig net maandag inkom om al die los draaitjies bymekaar te maak (volgens my teamleader..) ek gaan nie tyd he om te chat maandag nie. so ek se sommer noual koebaai!

julle moet asb veilig reis! moet nie drink en bestuur nie. ek wil weer met julle almal chat on 2007!

Mag julle 'n onvergeetlike Kersseisoen en Nuwejaar he!

Groete
Melanie

Petro se Jessica


Suzette se sus Petro het vanoggend haar Keiser gehad, Klein Jessica is uiteindelik hier!

Wednesday, December 06, 2006

Nuus vir die dag

Vanoggend speel ek en Jano 'n speletjie, ek se altyd 1, 2, 3 hier kom ek! dan harloop Jano op daai kort beentjies van hom om te try weg kom van my af! want as ek hom 'vang' dan kielie ek hom. so dis altyd een groot jol.

wel vanoggend hak sy voet die matjie en hy slaan sy kop teen die muur! een moerse eier later klou hy vir sophie soos 'n apie vas en wil niks met my te doen he nie...

o ja! hy het ons toilet papier ondek! die hele vertrek was vol toilet papier stukkies en velle.. sug.

ons pc by die huis het mos gekonk... Johan is besig om die pc te reload, ons het 2 maande se foto's verloor (*grrr*)... ons het gelukkig al die fotos op 'n dvd gesny Oktober maand.*yeah!*
hy is nog steeds depro en het weer 9 uur gaan slaap. ek sit toe soos 'n ou vrou alleen in die sitkamer en tv kyk tot 11 uur... (hoe boring)

ons het gister na die mooiste duet gaan kyk in Kilnerpark. Maar dis direk teen die treinspoor, so ek dink nie eers verder aan daai plek nie. (mooiste kombuis! cherrywood kaste met graniet blad... en BAIE pakplek)

ek probeer om vir my Team Leader te vra of ek volgende week ook kan kry. ek het nog 8 dae verlof vir die jaar en 7 dae vir my vorige jaar. Netnou verloor ek dit! so maybe baby is ek al volgende week op verlof! YEAH!!! ek is besig om Friends te kyk (vir 'n 3de keer) trek nou by Season 7. so as ek op verlof is kan ek volgende week heelweek DVD kyk, nie dat Jano my gaan toelaat nie!

ok moet nou gaan werk.
cheers 4 eers!

Tuesday, December 05, 2006

BROKE voor die fees seisoen

ai julle! ons kar se diens het ons geruk! Ek kon sweer toe ek die karretjie laas jaar gekoop het die diense wat R599 gewees. Gister het ons die kar ingeboek. 11 uur bel die tekkie my en se die diens gaan R1500 wees. Maar die voorste en agterste brakepad is 10% oor. dit gaan verdere R1980 wees... so die diens in total was R3480! daar gaan 90% van ons savings wat ons gespaar het vir ons verlof!

En Johan het die diens boekie iewers laat lê so dit gaan ook nog 'n verdere R300 wees, om die boekie te vervang.

Gisteraand toe konk Johan se pc. System Config file Corrupt... Daar kry hy nie 'n XP disk op 'n repair te run nie. al wat hy kon sê was, ek is nou so ontstel ek kry sommer 'n hartaanval. en toe gaan slaap hy sommer!!

ek gaan vandag saam met Suzette Mall toe om iets te koop om te eet by Woolies. EK KAN NIE EERS R100 trek uit my kaart uit nie!

ag wat 'n droewige dag...

ek probeer om my verlof so te bewerkstellig dat ek al volgende week kan gaan! maar my Team Leader is bietjie steeks... sal maar sien...

chat later weer!

My vriendin Chamonix se kinders


Chaleigh en Jaco

Monday, December 04, 2006

Jano 1ste 6 maande


Soeperkoei van www.talita.co.za het die een vir my gemaak.

Ek en Johan



Ons gaan vir 17 jaar. Ek kan dit nie glo nie! Ons het ook maar ons share van BS gehad maar sover staan ons nog sterk. Ek is Lief vir jou, al sê ek dit nie baie nie. Jy help my ongelooflik baie en ek wys dit nie altyd nie. Dankie vir jou geduld en opoffering en liefde en bystand.

Jano 11 maande


Die layout het my URE besig gehou! maar die eindresultaat is deur en deur die moeite werd!

Ek en Jano by Rietfontein Lodge


en hier is ons twee saam. dis so min dat daar 'n mooi fotie van ons is, ek is MOS glad nie fotogenies nie. so waar jy 1 keer kliek vir 'n mooi foto moet jy 20 keer kliek vir my....(rerig!)

Gister op die springkasteel





Jano het baie versigtig gesit. Johan het hom bietjie op en af gewieg. maar hy wou niks weet nie! het soos 'n uil op 'n kluit gesit!

Geseënde Kersfees!




Geseënde Kersfees aan Almal! Al ons vriende en familie mag julle 'n wonderlike feesseisoen he en veilig reis.

Aan die internet girls, JB's en die koeie, Ons chat weer volgende jaar, baie dankie vir al julle raad en bystand.

Chamonix se Charleigh


Hier is 'n digi van my vriendin Chamonix se dogtertjie Charleigh, ek het 'n template gebruik vir dit (terrian_hanks se blossoms quick page)

Ane se partytjie





my kind was saterdag by sy eerste verjaarsdag partytjie gewees! Ane het 2 geword. Supercow se versie..

hy het dit SO geniet! toe ons ry het hy letterlik binne 30 sec uitgepass in die kar.

Monday, November 13, 2006

Ek is so lief vir ons seun!

Ek het die naweek weer besef hy is 'n wonderwerk in ons lewe!

ja ek strip partykeer my moer vir hom maar 95% van die ander kere kan ek nie help om hom op te vreet nie!!!

ek gaan more kom foto's post. die link is nou net ongelooflik stadig!

Thursday, October 26, 2006

Pa skrik hom boeglam


Jano het 'n bytjie lig in sy kamer en elke aand voor hy gaan bad en as hy klaar gebad het moet die bytjie gegroet word. hier kom hy te naby aan die bytjie, ek dog Johan kry 'n hartaanval!