Monday, January 08, 2007

Halo Almal! Voorspoedige NuweJaar!

So hier is ek terug by die werk na 4 weke se verlof... voel of ek nooit weg was nie, daai brandgevoel is weer terug agter die blaaie...

anyways...
Het lekker gekuier by my man se sussie in Toti. (die weer het net nie saamgespeel nie) het ongelukkig net 1 dag sonskyn gehad, die ryery was 'n nagmerrie gewees! Jano het baie gehuil. toe ons terug kom het ons 10 ure gery! so erg het dit gereen. 3 groot ongelukke gekry waar ons nie eers die highway kon gebruik nie. by PMB moes ons deur die stad ry 'n hele gedeelte van die highway was afgeblok gewees. kon baie plekke nie meer as 80 ry nie en die Van Reenens pas was 'n totale NAGMERRIE!
so ons see vakansie was nie te lekker nie...

Witrivier was FABULOUS gewees! (net jammer die weer het ook nie saamgespeel nie...) maar ons het baie gery en Pelgrims, en die Krugerwildtuin besoek. my kamera se battery het die gees gegee so ek het 2 dae nie foties geneem nie. sal kom post wat ek het. Jano het by sy Ouma gebly die ryery sou net te erg gewees het vir hom. So ek het lekker gerus.

Boetie is laasweek donderdag Kleuterskool toe. ai wat 'n treurige storie. hy like dit glad nie!

No comments: