Wednesday, January 10, 2007

Verjaarsdag foto's

saam oumagroeitjie.
van die presente, opblaas-swembad, klere, sakkie, teddiebeer, karretjies, skopfiets, dvd's en bou blokkies.

yum yum icing... saam met my niggie Angi

hy wou net die kersie vat, sien hoe hou ek sy arm vas?

ons sou mos 'n groot partytjie gehou het, maar dinge het nie uitgewerk soos ons beplan het nie, ons het sommer net my niggie, ouma en tannie hulle genooi en dit die 14de gehou. (paar dae voor sy eintlike verjaarsdag) maar ons was die 20ste by die see.

my baba wat nie meer 'n baba is nie...

julle Jano het nou 'n woeste woordeskat hoor! dit is kop, pap, hap, tata, tietie, pappa, mamma, manta(samantha), ouma, nee, baba, woef, kar, Coke, Kak - ja kak..., dlie (ek jaag hom altyd dan tel ek 1 2 3 !! maar voor ek by drie kom dan roep hy al dlie!)

hy maak ook sulke ph geluide as hy 'n hond sien. roep hulle kamstig... as ek vir hom vra waar is jou kop? dan klap hy sy voorkop trek die hand af dat sy oog en mond sommer skeef trek. as ek vir hom vra waars jou dummy? gaan soek hom dan kom hy waragtig terug met sy dummy wat ek nie eers kon kry nie! as ek vra tel op jou tietie, dan tel hy sy bottel op as ek sê gaan lê maar op jou kussing, dan val hy so ewe op sy kussing, hy weet sjoe sjoe is warm. en hy steek self sy armpies deur die hempsmoue as ek die hemp oor sy kop trek. hy klim ook self op die banke en klim ook af. as hy sy kar stoot dan brmm brmmm hy vir 'n vale die spoeg loop eintlik! ek is baie trots op hom! en as Johan vir hom sê kom ons gaan bad, dan gil hy BAD ! en loop badkamer toe.

ek kan nie glo hy is nou 'n jaar oud nie. dit voel soos gister wat ons hom gaan haal het. Iemand het gister vir my gesê jou baba is nou 'n seuntjie...

Ek wag nou nog net vir die gevreesde woordjie.... MYNE!

Tuesday, January 09, 2007

Nog Toti vakansie foto's

dis hoe die weer gelyk het 5 van die 6 dae toe ons daar was...

Ons bou sandkastele.. well sort of...

ag sommer net nog 'n oulike foto van Jano.


die soutneerslag op die glasdeure was onweerstaanbaar vir Jano... hy het die ruit sommer 4 keer 'n dag 'gewas' ...

Lawwe boetie - ogh hy het die sand geniet. nie die water nie, wou niks weet om water toe te gaan nie.

oeeee kyk die baie water!

Monday, January 08, 2007

Seevakansie Layout


Die is vir my 'n baie oulike foto gewees. Moes 'n layout maak!
het KimCrothers_SpringFever se freebie pages gebruik

so Paar Foties van ons Vakansie

My Sus Yolandi en haar Man

Ek en Jano
by Pelgrims Rust
by 'n lookout point naby Orpen hek

Hier is ek en Johan by Skukuza



Jano 'help' vir Johan ...

Wat maak Pa daar?
Onweer, sand en see! Jano kon nie genoeg kry van die sand nie!

Van Reenens Pas 4 uur die middag dit was 'n nagmerrie kon nie vinniger as 60 ry nie.

1ste dag - gereed vir die kleuterskool, hy is nie baie happy met die reeling nie!

Halo Almal! Voorspoedige NuweJaar!

So hier is ek terug by die werk na 4 weke se verlof... voel of ek nooit weg was nie, daai brandgevoel is weer terug agter die blaaie...

anyways...
Het lekker gekuier by my man se sussie in Toti. (die weer het net nie saamgespeel nie) het ongelukkig net 1 dag sonskyn gehad, die ryery was 'n nagmerrie gewees! Jano het baie gehuil. toe ons terug kom het ons 10 ure gery! so erg het dit gereen. 3 groot ongelukke gekry waar ons nie eers die highway kon gebruik nie. by PMB moes ons deur die stad ry 'n hele gedeelte van die highway was afgeblok gewees. kon baie plekke nie meer as 80 ry nie en die Van Reenens pas was 'n totale NAGMERRIE!
so ons see vakansie was nie te lekker nie...

Witrivier was FABULOUS gewees! (net jammer die weer het ook nie saamgespeel nie...) maar ons het baie gery en Pelgrims, en die Krugerwildtuin besoek. my kamera se battery het die gees gegee so ek het 2 dae nie foties geneem nie. sal kom post wat ek het. Jano het by sy Ouma gebly die ryery sou net te erg gewees het vir hom. So ek het lekker gerus.

Boetie is laasweek donderdag Kleuterskool toe. ai wat 'n treurige storie. hy like dit glad nie!