Wednesday, December 06, 2006

Nuus vir die dag

Vanoggend speel ek en Jano 'n speletjie, ek se altyd 1, 2, 3 hier kom ek! dan harloop Jano op daai kort beentjies van hom om te try weg kom van my af! want as ek hom 'vang' dan kielie ek hom. so dis altyd een groot jol.

wel vanoggend hak sy voet die matjie en hy slaan sy kop teen die muur! een moerse eier later klou hy vir sophie soos 'n apie vas en wil niks met my te doen he nie...

o ja! hy het ons toilet papier ondek! die hele vertrek was vol toilet papier stukkies en velle.. sug.

ons pc by die huis het mos gekonk... Johan is besig om die pc te reload, ons het 2 maande se foto's verloor (*grrr*)... ons het gelukkig al die fotos op 'n dvd gesny Oktober maand.*yeah!*
hy is nog steeds depro en het weer 9 uur gaan slaap. ek sit toe soos 'n ou vrou alleen in die sitkamer en tv kyk tot 11 uur... (hoe boring)

ons het gister na die mooiste duet gaan kyk in Kilnerpark. Maar dis direk teen die treinspoor, so ek dink nie eers verder aan daai plek nie. (mooiste kombuis! cherrywood kaste met graniet blad... en BAIE pakplek)

ek probeer om vir my Team Leader te vra of ek volgende week ook kan kry. ek het nog 8 dae verlof vir die jaar en 7 dae vir my vorige jaar. Netnou verloor ek dit! so maybe baby is ek al volgende week op verlof! YEAH!!! ek is besig om Friends te kyk (vir 'n 3de keer) trek nou by Season 7. so as ek op verlof is kan ek volgende week heelweek DVD kyk, nie dat Jano my gaan toelaat nie!

ok moet nou gaan werk.
cheers 4 eers!

No comments: