Wednesday, February 14, 2007

Lanklaas gechat!


Hallo Almal

hoop dit gaan goed? my kind is SIEK en bd huis. My oc kyk na hom. dierbare siel. dankie tog vir haar, want my 'baas' mompel al klaar moord as ek net mentioned dat ek 'n siek kind het... sug...

hoop julle almal het 'n stunning Valentines dag gehad en dat julle nog hope tjoklits en blomme gaan kry voor die dag om is!

ek het by Engin garage vanoggend 'n PS en 'n rooi roos gekry. ek hoop my man het skaam gekry...

ek gaan vanaand Faith like Potatoes kyk sal dit kom aanbeveel as dit nice is.

Cheers 4 eers

Tuesday, February 06, 2007

layout

hallo Almal

Het redelik lanklaas iets kom post. Daar gaan regtig niks wow's aan in my lewe sodat ek dit kan uitbasuim nie. My backup het bedank so ek is toegegooi onder werk. Jano het nou al vir 3 weke een merske snolle verkoue! hy het gisteraand van die changing station afgeval gelukkig het my wasgoed mandjie langaan gestaan. hy kon lelik seer gekry het!

die kleuterskool neem vrydag foto's ek het sy hare mohawk laat skeer. hoop maar hy lyk oulik. Johan werk in die aande by Mr Delivery so dis maar stil by die huis. Boetie gaan slaap al 18.30 en Johan kom eers na 10 by die huis.

sal as ek meer nuus het in my lewe weer kom post.

Wednesday, January 10, 2007

Verjaarsdag foto's

saam oumagroeitjie.
van die presente, opblaas-swembad, klere, sakkie, teddiebeer, karretjies, skopfiets, dvd's en bou blokkies.

yum yum icing... saam met my niggie Angi

hy wou net die kersie vat, sien hoe hou ek sy arm vas?

ons sou mos 'n groot partytjie gehou het, maar dinge het nie uitgewerk soos ons beplan het nie, ons het sommer net my niggie, ouma en tannie hulle genooi en dit die 14de gehou. (paar dae voor sy eintlike verjaarsdag) maar ons was die 20ste by die see.

my baba wat nie meer 'n baba is nie...

julle Jano het nou 'n woeste woordeskat hoor! dit is kop, pap, hap, tata, tietie, pappa, mamma, manta(samantha), ouma, nee, baba, woef, kar, Coke, Kak - ja kak..., dlie (ek jaag hom altyd dan tel ek 1 2 3 !! maar voor ek by drie kom dan roep hy al dlie!)

hy maak ook sulke ph geluide as hy 'n hond sien. roep hulle kamstig... as ek vir hom vra waar is jou kop? dan klap hy sy voorkop trek die hand af dat sy oog en mond sommer skeef trek. as ek vir hom vra waars jou dummy? gaan soek hom dan kom hy waragtig terug met sy dummy wat ek nie eers kon kry nie! as ek vra tel op jou tietie, dan tel hy sy bottel op as ek sê gaan lê maar op jou kussing, dan val hy so ewe op sy kussing, hy weet sjoe sjoe is warm. en hy steek self sy armpies deur die hempsmoue as ek die hemp oor sy kop trek. hy klim ook self op die banke en klim ook af. as hy sy kar stoot dan brmm brmmm hy vir 'n vale die spoeg loop eintlik! ek is baie trots op hom! en as Johan vir hom sê kom ons gaan bad, dan gil hy BAD ! en loop badkamer toe.

ek kan nie glo hy is nou 'n jaar oud nie. dit voel soos gister wat ons hom gaan haal het. Iemand het gister vir my gesê jou baba is nou 'n seuntjie...

Ek wag nou nog net vir die gevreesde woordjie.... MYNE!

Tuesday, January 09, 2007

Nog Toti vakansie foto's

dis hoe die weer gelyk het 5 van die 6 dae toe ons daar was...

Ons bou sandkastele.. well sort of...

ag sommer net nog 'n oulike foto van Jano.


die soutneerslag op die glasdeure was onweerstaanbaar vir Jano... hy het die ruit sommer 4 keer 'n dag 'gewas' ...

Lawwe boetie - ogh hy het die sand geniet. nie die water nie, wou niks weet om water toe te gaan nie.

oeeee kyk die baie water!

Monday, January 08, 2007

Seevakansie Layout


Die is vir my 'n baie oulike foto gewees. Moes 'n layout maak!
het KimCrothers_SpringFever se freebie pages gebruik

so Paar Foties van ons Vakansie

My Sus Yolandi en haar Man

Ek en Jano
by Pelgrims Rust
by 'n lookout point naby Orpen hek

Hier is ek en Johan by Skukuza



Jano 'help' vir Johan ...

Wat maak Pa daar?
Onweer, sand en see! Jano kon nie genoeg kry van die sand nie!

Van Reenens Pas 4 uur die middag dit was 'n nagmerrie kon nie vinniger as 60 ry nie.

1ste dag - gereed vir die kleuterskool, hy is nie baie happy met die reeling nie!

Halo Almal! Voorspoedige NuweJaar!

So hier is ek terug by die werk na 4 weke se verlof... voel of ek nooit weg was nie, daai brandgevoel is weer terug agter die blaaie...

anyways...
Het lekker gekuier by my man se sussie in Toti. (die weer het net nie saamgespeel nie) het ongelukkig net 1 dag sonskyn gehad, die ryery was 'n nagmerrie gewees! Jano het baie gehuil. toe ons terug kom het ons 10 ure gery! so erg het dit gereen. 3 groot ongelukke gekry waar ons nie eers die highway kon gebruik nie. by PMB moes ons deur die stad ry 'n hele gedeelte van die highway was afgeblok gewees. kon baie plekke nie meer as 80 ry nie en die Van Reenens pas was 'n totale NAGMERRIE!
so ons see vakansie was nie te lekker nie...

Witrivier was FABULOUS gewees! (net jammer die weer het ook nie saamgespeel nie...) maar ons het baie gery en Pelgrims, en die Krugerwildtuin besoek. my kamera se battery het die gees gegee so ek het 2 dae nie foties geneem nie. sal kom post wat ek het. Jano het by sy Ouma gebly die ryery sou net te erg gewees het vir hom. So ek het lekker gerus.

Boetie is laasweek donderdag Kleuterskool toe. ai wat 'n treurige storie. hy like dit glad nie!

Monday, December 11, 2006

Jano se eerste swembad!




ons het vir Jano 'n swembad gekoop vir sy verjaarsdag maar dit was saterdag so warm ons het die swembadjie opgeblaas, hy het dit vreeslik geniet!

ons ry seker die naweek see toe. My verlof werk nie uit soos ek beplan het nie.. ons bly gelukkig verniet by Johan se sus, so ons moet net petrol en tolhek geld betaal...

Friday, December 08, 2006

My verlof begin dinsdag!

Halloe outjies!

ek is van dinsdag af of verlof! Moet ongelukkig net maandag inkom om al die los draaitjies bymekaar te maak (volgens my teamleader..) ek gaan nie tyd he om te chat maandag nie. so ek se sommer noual koebaai!

julle moet asb veilig reis! moet nie drink en bestuur nie. ek wil weer met julle almal chat on 2007!

Mag julle 'n onvergeetlike Kersseisoen en Nuwejaar he!

Groete
Melanie

Petro se Jessica


Suzette se sus Petro het vanoggend haar Keiser gehad, Klein Jessica is uiteindelik hier!

Wednesday, December 06, 2006

Nuus vir die dag

Vanoggend speel ek en Jano 'n speletjie, ek se altyd 1, 2, 3 hier kom ek! dan harloop Jano op daai kort beentjies van hom om te try weg kom van my af! want as ek hom 'vang' dan kielie ek hom. so dis altyd een groot jol.

wel vanoggend hak sy voet die matjie en hy slaan sy kop teen die muur! een moerse eier later klou hy vir sophie soos 'n apie vas en wil niks met my te doen he nie...

o ja! hy het ons toilet papier ondek! die hele vertrek was vol toilet papier stukkies en velle.. sug.

ons pc by die huis het mos gekonk... Johan is besig om die pc te reload, ons het 2 maande se foto's verloor (*grrr*)... ons het gelukkig al die fotos op 'n dvd gesny Oktober maand.*yeah!*
hy is nog steeds depro en het weer 9 uur gaan slaap. ek sit toe soos 'n ou vrou alleen in die sitkamer en tv kyk tot 11 uur... (hoe boring)

ons het gister na die mooiste duet gaan kyk in Kilnerpark. Maar dis direk teen die treinspoor, so ek dink nie eers verder aan daai plek nie. (mooiste kombuis! cherrywood kaste met graniet blad... en BAIE pakplek)

ek probeer om vir my Team Leader te vra of ek volgende week ook kan kry. ek het nog 8 dae verlof vir die jaar en 7 dae vir my vorige jaar. Netnou verloor ek dit! so maybe baby is ek al volgende week op verlof! YEAH!!! ek is besig om Friends te kyk (vir 'n 3de keer) trek nou by Season 7. so as ek op verlof is kan ek volgende week heelweek DVD kyk, nie dat Jano my gaan toelaat nie!

ok moet nou gaan werk.
cheers 4 eers!

Tuesday, December 05, 2006

BROKE voor die fees seisoen

ai julle! ons kar se diens het ons geruk! Ek kon sweer toe ek die karretjie laas jaar gekoop het die diense wat R599 gewees. Gister het ons die kar ingeboek. 11 uur bel die tekkie my en se die diens gaan R1500 wees. Maar die voorste en agterste brakepad is 10% oor. dit gaan verdere R1980 wees... so die diens in total was R3480! daar gaan 90% van ons savings wat ons gespaar het vir ons verlof!

En Johan het die diens boekie iewers laat lê so dit gaan ook nog 'n verdere R300 wees, om die boekie te vervang.

Gisteraand toe konk Johan se pc. System Config file Corrupt... Daar kry hy nie 'n XP disk op 'n repair te run nie. al wat hy kon sê was, ek is nou so ontstel ek kry sommer 'n hartaanval. en toe gaan slaap hy sommer!!

ek gaan vandag saam met Suzette Mall toe om iets te koop om te eet by Woolies. EK KAN NIE EERS R100 trek uit my kaart uit nie!

ag wat 'n droewige dag...

ek probeer om my verlof so te bewerkstellig dat ek al volgende week kan gaan! maar my Team Leader is bietjie steeks... sal maar sien...

chat later weer!

My vriendin Chamonix se kinders


Chaleigh en Jaco

Monday, December 04, 2006

Jano 1ste 6 maande


Soeperkoei van www.talita.co.za het die een vir my gemaak.

Ek en Johan



Ons gaan vir 17 jaar. Ek kan dit nie glo nie! Ons het ook maar ons share van BS gehad maar sover staan ons nog sterk. Ek is Lief vir jou, al sê ek dit nie baie nie. Jy help my ongelooflik baie en ek wys dit nie altyd nie. Dankie vir jou geduld en opoffering en liefde en bystand.

Jano 11 maande


Die layout het my URE besig gehou! maar die eindresultaat is deur en deur die moeite werd!

Ek en Jano by Rietfontein Lodge


en hier is ons twee saam. dis so min dat daar 'n mooi fotie van ons is, ek is MOS glad nie fotogenies nie. so waar jy 1 keer kliek vir 'n mooi foto moet jy 20 keer kliek vir my....(rerig!)